"Stop the Noise – Protect Our Peace in Kathu!"/"Stop die Geraas – Beskerm Ons Rus in Kathu!"
We, the undersigned, are overwhelmed with ongoing complaints regarding excessive noise from two liquor establishments in the Kathu area – Emperor Lounge and The Craft.
While we have no objection to these venues operating as licensed businesses, we strongly object to the lack of respect shown to residents in nearby areas. The excessive noise – especially from outdoor speakers during the night – has become unbearable.
The noise disrupts the sleep of shift workers, school children, and entire families. This leads to fatigue and reduced productivity, especially for employees of nearby mines who are required to work long and often dangerous shifts.
We are calling for urgent and effective action to ensure that:
These venues no longer play music through outdoor speakers;
All sound equipment is used indoors behind closed doors;
Municipal bylaws regarding noise levels are strictly enforced.
We acknowledge that everyone has the right to enjoy themselves, but it should never come at the cost of others’ health, rest, and peace. This cannot continue.
Please sign this petition to show your support for a quieter and more respectful community.
Ons, die ondergetekendes, is oorval met aanhoudende klagtes oor oormatige geraas vanaf twee drankpersele in die Kathu-gebied – Emperor Lounge en The Craft.
Ons het geen beswaar teen die besighede as sulks nie, maar die gebrek aan respek teenoor omliggende inwoners is onaanvaarbaar. Die buitelug-speakers, veral snags, maak dit onmoontlik vir mense om te rus en te slaap.
Hierdie geraas hou skofwerkers, skoolkinders en gesinne uit die slaap. Dit lei tot moegheid en swak werkverrigting, veral by mynwerkers wat onder moeilike omstandighede werk.
Ons doen ’n dringende beroep op die owerhede vir daadwerklike optrede om te verseker dat:
Hierdie persele nie meer musiek buite speel nie;
Alle klanktoerusting binne agter geslote deure gebruik word;
Munisipale regulasies rakende geraasvlak streng toegepas word.
Ons verstaan dat almal ’n plek nodig het om te ontspan, maar dit mag nooit ten koste van ander se gesondheid, rus en vrede wees nie. Dit kan nie so voortgaan nie.
Teken asseblief hierdie petisie om u steun te wys vir ’n rustiger en meer respekvolle gemeenskap.
The importance of signing / Die belangrikheid van ondertekening:
By signing this petition, you are standing up for the well-being of our community. Your support will help push local authorities to act and enforce regulations that protect residents from excessive noise.
Deur hierdie petisie te onderteken, tree jy op namens die welstand van ons gemeenskap. Jou steun sal help om druk op plaaslike owerhede te plaas om regulasies af te dwing en inwoners teen oormatige geraas te beskerm.
#rebuildgamagara Contact the author of the petition