Petitions.com

Help ons om Ds. Muller by die gemeente te hou

Ek is hartseer om te verneem dat die ringskomisie gaan Sondag teenwoordig wees en wil die kerkraad begelei om Ds Michael los te maak van die werkruimte. Die ringskomisie gaan Sondag teenwoordig wees en wil die kerkraad begelei om Ds Michael los te maak van die werkruimte. Ds. Muller het 'n groot impak op my lewe gemaak en ek is oortuig hy het ook in baie van julle lewens 'n verskil gemaak.

Vir ons is Ds. Muller nie net die dominee nie, maar 'n vriend, 'n mentor en 'n hoeksteen in ons gemeente. Onder sy leiding het ons geestelik gegroei en 'n gemeenskap van geloof, hoop en liefde gesmee. Hy is iemand wat voortdurend poog om die lewens van lidmate positief te beïnvloed, van die jongste skoolkind tot die oudste lidmaat.

Die besluit om hom te laat gaan word geneem sonder oorweging vir die waarde wat hy gebring het en steeds bring. Ons dring daarop aan dat die ringskommissie hierdie besluit heroorweeg, die stem van die gemeente luister, en die onskatbare rol wat Ds. Muller binne ons gemeenskap speel erken.

Ontslae raak van 'n predikant wat so 'n sleutelrol in ons daaglikse lewens speel, is nie net 'n verlies vir die kerk nie, maar ook vir die groter gemeenskap.

Die behoud van Ds. Muller is noodsaaklik nie net vir ons geestelike welstand nie, maar ook vir die kontinuïteit en groei van ons gemeente. Ons kan nie 'n man wat sulke diep spore in ons harte getrap het, verloor nie. Laat ons verenig staan en ons stemme laat hoor.

Ek vra jou as lid van ons gemeente en gemeenskap om hierdie petisie te teken sodat ons 'n duidelike boodskap aan die ringskommissie kan stuur: Ds. Muller moet bly! Jy kan gehoor word deur die petisie te teken of deur 'n brief te skryf aan die kerkraad.