Geen parool vir Alison Botha Verkragters(monsters) nie.
Me. Alison Botha is in
1994 wreed deur Theuns Kruger en Frans du Toit aangeval.
Ügen Vos, Jeanne-Marié Versluis en André Damons
Twee mans wat me. Alison Botha verkrag, byna keelaf
gesny en vir dood agtergelaat het, kan ná 17 jaar agter tralies dalk binnekort
vrygelaat word.
Theuns Kruger en Frans du Toit is in Augustus 1995 tot
lewenslange tronkstraf gevonnis.
Ingevolge wetgewing wat in Junie verlede jaar van krag
geword het, mag alle gevangenes wat voor 2004 tot lewenslange tronkstraf
gevonnis is en reeds 13 jaar en vier maande daarvan uitgedien het, om parool
aansoek doen.
Du Toit en Kruger het Botha in Desember 1994 in
Noordhoek oorval, verkrag, meer as 30 keer met ’n mes gesteek en 16 keer
probeer keelaf sny.
Daarna het hulle haar vir dood in die veld agtergelaat.
Hulle het later getuig die dade is in opdrag van die duiwel gepleeg.
Haar hoofslagaar en stembande is nie raak gesny nie,
wat haar in staat gestel het om suurstof in haar keel af te dwing.
Sy moes haar derms in haar hemp bymekaar maak en haar
kop met haar ander hand op haar lyf hou terwyl sy na die naaste pad gestruikel
het.
’n Mediese student het haar langs die pad gewaar en met
haar na die Port Elizabeth- provinsiale hospitaal gehaas.
Die volgende oggend het die aanvallers die bebloede
messe waarmee hulle Botha aangeval het, gebruik om botter op hul brood te
smeer.
Du Toit is in 1995 in die hooggeregshof in Port
Elizabeth tot drie keer lewenslange tronkstraf gevonnis, terwyl Kruger ’n
lewenslange vonnis weens die aanval op Botha, asook 25 jaar weens ’n aanval op
’n swanger vrou gekry het.
Kruger, wat sy vonnis in Pretoria uitdien, het op 14
Desember voor die paroolraad verskyn en spog volgens ingeligte bronne by
mede-gevangenes dat hy binnekort vrygelaat sal word.
Du Toit het volgens me. Puleng Mokhoane, Vrystaatse
woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste (DKD), op 10 Januarie
in die Grootvlei-gevangenis in Bloemfontein ook “sy storie aan die paroolraad
voorgelê”
.Kruger en Du Toit word
as “rooilys”-misdadigers beskou, aangesien Botha steeds leef en ’n belang by
hul moontlike vrylating het, maar sy was nie eens van hul verskyning voor die
paroolraad bewus.
Mnr. Sonwabo Mbananga, woordvoerder
van die minister van korrektiewe dienste, het gister gesê gevangenes wat
lewenslange tronkstraf uitdien, se aansoeke om parool word nie deur paroolrade
goed- of afgekeur nie.
Die aansoeke word wel as ’n “administratiewe proses”
voor die paroolrade gebring, waarna die paroolraad die voorleggings wat aan hom
gedoen is, na die nasionale raad oor korrektiewe dienste (NCCS) verwys.
Die NCCS kyk dan na byvoorbeeld die regter se opmerkings
tydens vonnisoplegging, sielkundige verslae oor die gevangene, sy gedrag in die
tronk, die programme waaraan hy in die tronk deelgeneem het, sy rehabilitasie
en die vaardighede wat hy aangeleer het.
Die NCCS evalueer die inligting en kan dan ’n aanbeveling
aan die minister maak. Die minister het alleenreg om te besluit of iemand op
parool vrygelaat word
Die monsters mag nie vrygelaat word nie, maak nie saak hoe goed hul hul self gedra het nie die wonde van Alison sal sy altyd saam haar dra, ek sal nie wil he die mans moet vry loop tussen ons jong meisies en ma vandag nie hul verdien om in die tronk te bly> Tyd dat ons almal saam staan en iets omtrent dit doen.
Lyndy Lee Contact the author of the petition
Announcement from the administrator of this websiteWe have closed this petition and we have removed signatories' personal information.European Union's General Data Protection Regulation (GDPR) requires a legitimate reason for storing personal information and that the information be stored for the shortest time possible. |
| Log in to manage your petition. |
Is there something you want to change?
Change doesn't happen by staying silent. The author of this petition stood up and took action. Will you do the same? Start a social movement by creating a petition.
Start a petition of your ownOther petitions you might be interested in
BAN SHROOMS FROM SMOKE SHOPS
1730 Created: 2026-02-20
| Time period | Number of signatures |
|---|---|
| All time | 1730 |
| 2026 | 1730 |
Sign if you would like to see Logansport Skate World and Fun Center to stay open.
853 Created: 2026-01-27
| Time period | Number of signatures |
|---|---|
| All time | 853 |
| 2026 | 853 |
Support petition nominating Sheldon Jacobson for INFORMS President-Elect for the 2027 Board of Directors
561 Created: 2026-03-13
| Time period | Number of signatures |
|---|---|
| All time | 561 |
| 2026 | 561 |
Petition to close potential adult business in Roger’s County Oklahoma
315 Created: 2026-03-25
| Time period | Number of signatures |
|---|---|
| All time | 315 |
| 2026 | 315 |
Stop Rezoning for 83-units on Camp Branch Road - June 2nd Meeting
264 Created: 2026-05-19
| Time period | Number of signatures |
|---|---|
| All time | 264 |
| 2026 | 264 |
Petition Regarding the 2026–2027 Tuition Increase at Rice University
259 Created: 2026-03-18
| Time period | Number of signatures |
|---|---|
| All time | 259 |
| 2026 | 259 |
Bring the Original Dark Skies Back on a Streaming Service — and Let the Creators Continue the Story with New Programming
259 Created: 2026-02-25
| Time period | Number of signatures |
|---|---|
| All time | 259 |
| 2026 | 259 |
AN OPEN LETTER TO SENATOR ALAN PETER CAYETANO
3021 Created: 2026-05-16
| Time period | Number of signatures |
|---|---|
| All time | 3021 |
| 2026 | 2992 |
CancelPianoPulse
21530 Created: 2026-01-16
| Time period | Number of signatures |
|---|---|
| All time | 21530 |
| 2026 | 21530 |
Mitchell Park Court Resurfacing Support
92 Created: 2026-04-01
| Time period | Number of signatures |
|---|---|
| All time | 92 |
| 2026 | 92 |
Bring Stray Kids: The Dominate Experience to theatres in South Africa
775 Created: 2026-01-16
| Time period | Number of signatures |
|---|---|
| All time | 775 |
| 2026 | 775 |
Support Outdoor Yoga, Meditation, & Wellness Classes at Wildflower Wellness
62 Created: 2026-03-17
| Time period | Number of signatures |
|---|---|
| All time | 62 |
| 2026 | 54 |
Close Bernard Isaacs Primary School Until Manqoba’s Mother Gets the Truth.
4459 Created: 2026-02-11
| Time period | Number of signatures |
|---|---|
| All time | 4459 |
| 2026 | 4459 |
Make Snapple Kosher for Passover #Snapple4Passover
44 Created: 2026-03-31
| Time period | Number of signatures |
|---|---|
| All time | 44 |
| 2026 | 44 |
Collective Parent Statement Regarding Proposed MMA Principal Appointment
42 Created: 2026-05-27
| Time period | Number of signatures |
|---|---|
| All time | 42 |
| 2026 | 42 |
Bring back food truck celebrations
33 Created: 2026-03-24
| Time period | Number of signatures |
|---|---|
| All time | 33 |
| 2026 | 33 |
Impeach Trump and Bar Him From Holding Any Public Office
35 Created: 2026-01-28
| Time period | Number of signatures |
|---|---|
| All time | 35 |
| 2026 | 35 |
Stop The Data Center - Albany Ny
29 Created: 2026-05-22
| Time period | Number of signatures |
|---|---|
| All time | 29 |
| 2026 | 29 |
LUNDEENS STOLE MY DOG/BRING CHEWBACCA MOSSET HOME
27 Created: 2026-02-14
| Time period | Number of signatures |
|---|---|
| All time | 27 |
| 2026 | 27 |
Bring back Sharon McMahon for UVU's commencement speaker!
24 Created: 2026-04-17
| Time period | Number of signatures |
|---|---|
| All time | 24 |
| 2026 | 24 |